4 Mei – Pous Gregorius XII belê 'n vergadering van die kardinale in Lucca en verbied hulle om die stad te verlaat. Sewe kardinale ignoreer die bevel en vertrek na Pisa.
9 Mei – Pous Gregorius XII benoem sy neef Gabriele Condulmer tot kardinaal-priester van San Clemente.
Die Engelse broeder, James Resby, 'n leerling van Wycliff, word in Perth, Skotland vir kettery verbrand.[1]