1864
Kalenders
|
|
Andrew Geddes Bain
|
|
Die jaar 1864 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 64ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
Geboortes
- 22 Januarie – Groothertog Pieter Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland († 1931).
- 24 Januarie – Marguerite Durand, 'n Franse verhoogaktrise, joernalis, en 'n leidende suffragette († 1936).
- 21 April – Max Weber, Duitse ekonoom († 1920).
- 11 Junie – Richard Strauss, Duitse komponis († 1949).
- 1 September – Roger Casement, Ierse nasionalis († 1916).
- 6 Oktober – Genl. Christiaan Botha, jonger broer van genl. Louis Botha († 1902)
- 1 November – Prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt, vrou van groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland († 1918).
- 23 November – Herbert Castens, Suid-Afrika se eerste Springbokkaptein († 1929).
- 26 November — Herman Gorter, Nederlandse digter. († 1927).
- 3 Desember – Herman Heijermans, Nederlandse skrywer († 1924).
- 6 Desember – Lourens Geldenhuys, baanbreker van die Witwatersrand en 'n politikus van die Suid-Afrikaanse Party († 1929).
- 8 Desember – Camille Claudel, Franse beeldhoudster († 1943).
- 9 Desember – Harry "Breaker" Morant, Australiese luitenant, tereggestel in Pretoria weens verskeie moorde († 1902).
Sterftes