276
Kalenders
Keiser M. Claudius Tacitus
Die jaar 276 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 76ste jaar van die 3de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
Keiser Tacitus vertrek na Anatolië om die Gote en Herulii te beveg.[1]
Junie – Keiser Tacitus sterf in Tyana in Kappadosië .[1]
Na Tacitus se dood roep Florianus, moontlik sy halfbroer homself tot keiser uit. Die senaat en die weste erken hom.[1]
In die ooste roep die leër generaal Probus uit tot keiser [1]
Probus en Florianus tref mekaar naby Tarsus. Probus vermy 'n geveg met Florianus se leër en wag op die somerhitte.[1]
Florianus se troepe verloor die moed deur die ongewone hitte en vermoor die keiser.[1]
Probus word keiser.[1]
Geboortes
Sterftes
Keiser Markus Claudius Tacitus
Keiser Florianus (vermoor)
Verwysings
↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 The Monetary System of the Romans: A description of the Roman coinage from early times to the reform of Anastasius , Ian J. Sellars , Ian J. Sellars, 2013
The article is a derivative under the Creative Commons Attribution-ShareAlike License .
A link to the original article can be found here and attribution parties here
By using this site, you agree to the Terms of Use . Gpedia ® is a registered trademark of the Cyberajah Pty Ltd