29ste Dinastie van Egipte
Die 29ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XXIX geskryf) is deur Nepherites I gestig deurdat hy Amyrteus van die 28ste Dinastie verslaan en hom later in Memphis laat teregstel het. Nepherites het Mendes sy hoofstad gemaak. Dié kort dinastie word beskou as deel van die Laat Tydperk.
Ná Nepherites se dood het twee faksies baklei om die troon: een wat sy seun Moethis gesteun het, en ’n ander wat ten gunste van die troonrower Psammoethes was. Hoewel Psammoethes gewen het, het hy net ’n jaar lank regeer.
Farao | Bewind | ||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nepherites I | 398-393 v.C. | ||||||||||||||||||
Psammoethes | 393 v.C. | ||||||||||||||||||
Hakor | 393-380 v.C. | ||||||||||||||||||
Nepherites II | 380 v.C |
Verwysings
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 29ste Dinastie van Egipte.
Voorafgegaan deur ← 28ste Dinastie |
29ste Dinastie | Opgevolg deur 30ste Dinastie → |