Die jaar 313 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 13de jaar van die 4de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Omtrent hierdie jaar verloor iemand op 90 km afstand van Dunhuang 'n sak met pos wat na Samarkand gestuur is. Dit bevat 8 briewe wat in die Sogdiese alfabet op papier geskryf is en wat belangrike inligting oor die toestand in Sentraal-Asië lewer.[1]