Ná die moord op 'n Jood in die dorpie Gema in Samaria ontstaan 'n konflik tussen die Jode van Jerusalem en die Samaritane. Die Jode val Samaria aan.[1]
Die Romeinse goewerneur Cumanus gebruik sy ruiters en voetvolk om teen die Jode op te trek. Baie is dood of word gevange geneem. In Judea heers hierna onrus en banditisme.[1]
Antonius Felix volg Ventendius Cumanus op as prokurator van Judea.