Carbo, wat na Sisilië gevlug het, word daar deur Pompeius gevang en tereggestel.[1]
Hispania
Slag van die Baetis (Guadalquivir) – Quintius Sertorius, 'n Marius aanhanger, kom in opstand in Lusitania en verslaan die Romeinse goewerneur L. Fufidas.[2]
Egipte
Na Ptolemeus IX se dood word Berenice III die heersende koningin, maar sy word gedwing te aanvaar dat haar stiefseun Ptolemeus XI uit Rome terugkeer en trou met hom.
Ptolemeus XI laat Berenice III vermoor.
Die dood van Berenice lei tot 'n opstand in Alexandrië waarin Ptolemeus XI gedood word.
Ptolemeus XI se testament bepaal dat Rome sy erfgenaam is, hoewel daar twyfel is oor die egtheid daarvan.[1]