Die jaar 955 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 55ste jaar van die 10de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
10 Augustus — Slag van Lechfeld: Otto I die Grote verslaan die Hongare, wat 'n einde bring aan hul weswaartse uitbreiding en hul bedreiging van Duitsland.
Keiser Shizong van die Late Zhou-dinastie het geld nodig en laat baie Boeddhabeelde omsmelt om kopermunte te slaan. Die Boeddhisme in China is baie verswak.[1]