30 Januarie Die Vredesaltaar (Ara Pacis Augustae) wat die Romeinse vrede (Pax Romana) versinnebeeld word ingewy langs die Via Lata in Rome.
Die derde tempel in Jerusalem word deur Herodus die Grote voltooi.
Die 29 jarige Romeinse generaal Drusus word verkies tot konsul. Hy vertrek egter op 'n Germaanse kampanje aan die Elberivier en sterf tydens die terugtog in sy somerkamp. Sy soldate in Mogontiacum (Mainz) rig 'n gedenkteken vir hom op, die sogenaamde Drusussteen. Drusus word oorleef deur sy kinders Germanicus, Livilla en Claudius.