Ali Hassan Mwinyi

Ali Hassan Mwinyi
Ali Hassan Mwinyi
Ali Hassan Mwinyi in 2009

Ampstermyn
5 November 1985 – 23 November 1995
Vise Joseph Warioba
John Malecela
Cleopa Msuya
Idris Abdul Wakil
Salmin Amour
Eerste minister Joseph Warioba
John Malecela
Cleopa Msuya
Voorafgegaan deur Julius Nyerere
Opgevolg deur Benjamin Mkapa

3de President van Zanzibar
Ampstermyn
30 Januarie 1984 – 24 Oktober 1985
Voorafgegaan deur Aboud Jumbe
Opgevolg deur Idris Abdul Wakil

1ste Adjunkpresident van Tanganjika
Ampstermyn
30 Januarie 1984 – 5 November 1985
President Julius Nyerere
Voorafgegaan deur Aboud Jumbe
Opgevolg deur Joseph Warioba

Persoonlike besonderhede
Gebore (1925-05-08)8 Mei 1925
Kivure, Tanganjika (nou Tanzanië)
Sterf 29 Februarie 2024 (op 98)
Dar-es-Salaam, Tanzanië
Politieke party CCM
Eggenoot/-note Siti Mwinyi (huwelik in 1960)
Kind(ers) 12, waaronder Hussein
Alma mater Publieke Universiteit van Tanzanië

Ali Hassan Mwinyi (8 Mei 192529 Februarie 2024) was 'n Tanzaniese politikus wat van 1985 tot 1995 as die tweede president van die Verenigde Republiek Tanzanië gedien het. Vorige poste sluit in minister van binnelandse sake en adjunkpresident. Hy was ook van 1990 tot 1996 voorsitter van die regerende party, die Chama Cha Mapinduzi (CCM).

Gedurende Mwinyi se termyn het Tanzanië die eerste stappe gedoen om die sosialistiese beleid van Julius Nyerere om te keer. Hy het die invoerbeperkings verslap en die private onderneming aangemoedig. Dit was gedurende sy tweede termyn dat veelpartypolitiek onder druk van buitelandse skenkers ingestel is. Na hom is dikwels verwys as Mzee Rukhsa ("Alles gaan") en hy het aangedring op die liberalisering van sedes, oortuigings, waardes (sonder om die wet te oortree) en die ekonomie. Baie mense argumenteer dat die land tydens Mwinyi se ampstermyn oorgegaan het van die mislukte sosialistiese oriëntasie van Julius Nyerere wat sy ekonomie op sy knieë gebring het. Dit was tydens die bestuur van Mwinyi dat Tanzanië 'n paar belangrike beslissings geneem het oor die liberalisering van sy ekonomie wat die weg gebaan het vir ekonomiese groei op 'n kort termyn.

Eksterne skakels