Annegret Kramp-Karrenbauer

Annegret Kramp-Karrenbauer
Annegret Kramp-Karrenbauer

Minister van Verdediging
Ampstermyn
17 Julie 2019 – 8 Desember 2021
Voorafgegaan deur Ursula von der Leyen
Opgevolg deur Christine Lambrecht

Persoonlike besonderhede
Gebore 9 Augustus 1962 (1962-08-09) (62 jaar oud)
Völklingen, Saarland
Politieke party CDU

Annegret Kramp-Karrenbauer (Duitse uitspraak: [ˈʔanəɡʁeːt ˈkʁamp ˈkaʁənˌbaʊ̯ɐ]; gebore 9 Augustus 1962), soms na verwys volgens haar voorletters AKK,[1] is 'n Duitse politikus en sedert 2018 die leier van die Christelik Demokratiese Unie (CDU) in opvolging van Angela Merkel. Sy was van Julie 2019 tot Desember 2021 ook minister van Verdediging gewees. Sy dien voorheen as sekretaris-generaal van die party en as minister-president van Saarland van 2011 tot 2018[2] en word sodoende die eerste vrou om die Saarlandse regering te lei en die vierde vrou in Duitsland om 'n deelstaatsregering te lei. Kramp-Karrenbauer word as sosiaal konserwatief beskou, maar op die linkse vleuel van die CDU in terme van ekonomiese beleid, en is al as 'n sentris beskryf. Sy is 'n aktiewe Katoliek en het op die Sentrale Komitee van Duitse Katolieke gedien.

Politieke standpunte

Buitelandse beleid

Verbale aanval op Italië

In Mei 2019 het Kramp-Karrenbauer in 'n onderhoud met Europese dagblaaie die Italiaanse regering aangeval en die regeringsparty Lega daarvan beskuldig dat dit 'n vyandelike beleid teenoor die Europese Unie sou steun. Italiaanse ekonomiese bande met Rusland en die Volksrepubliek China het sy as moontlike "sorgwekkende pogings" van dié twee lande beskryf om invloed op Italië se beleid uit te oefen.[3]

Die Italiaanse regering en ondernemings het belangstelling vir die Chinese projek van 'n nuwe Syroete getoon wat handelsbetrekkinge tussen Europa en China sal verstewig, terwyl Rusland tradisioneel 'n belangrike afsetmark vir Italiaanse luukse produkte soos skoene en landbougoedere is.

Meningsvryheid

In Mei 2019 sorg Kramp-Karrenbauer vir omstredenheid toe sy vir die inperking van meningsvryheid op die internet gevra het nadat haar party in 'n video op YouTube gekritiseer is.[4] Alhoewel die Duitse grondwet vryheid van spraak beskerm, meen Kramp-Karrenbauer dat menings tydens verkiesingsveldtogte gereguleer moet word.[4]

Verwysings