Antimoon(III)chloried
Algemeen | |
---|---|
Naam | Antimoon(III)chloried |
![]() |
![]() |
Chemiese formule | SbCl3 |
Molêre massa | 228,11 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 10025-91-9[1] |
Voorkoms | Kleurlose vastestof[1] |
Reuk | onaangenaam skerp [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=811,1(2); 942,9(2); 631,3(1) pm.[2] |
Ruimtegroep | Pnma |
Nommer | 62 |
Smeltpunt | 73,4 °C[1] |
Kookpunt | 223,5 °C[1] |
Digtheid | 3,14 [g/cm3] [1] |
Oplosbaarheid | 987 g/100g water @ 25 °C[1] |
ΔvapHɵ | 45,19 [kJ/mol] @220,3 °C [1] |
ΔfusHɵ | -55,6 [J/g] @73,2 °C [1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar |
LD50 | 525 [mg/kg] (rot; oraal)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Antimoon(III)chloried is 'n verbinding van antimoon in sy 3+ oksidasietoestand met chloor.
Die stof is baie higroskopies en rook effens in vogtige lug. Met water vorm dit antimoonoksichloried.
Kristalstruktuur

Antimoon(III)chloried kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. Die struktuur is molekulêr en bevat SbCl3-molekules met 'n trigonale pirmidale vorm wat 'n spieëlvlak besit. Twee Sb-Cl bindings in 236,8(1) pm lank; die derde is korter: 234,0(2) pm. Een bindingshoek is 90,98°; die ander twee is 95,70°. [2]
Die antimoonatoom het intermolekulêre kontakte wat meer as 346pm lank is, maar dit is korter as die som van die vanderwaalsradiusse. Die antimoonatoom het in totaal agt buuratome. [2] β-SbBr3 het dieselfde struktuur.[3]
Gebruike
Dit word gebruik as 'n reagens vir die opsporing van vitamien A en verwante karotenoïede. Dit reageer met die karotenoïed om 'n blou kompleks te vorm wat deur kolorimetrie (die Carr-Price-toets) gemeet kan word. Oplossings van antimoontrichloried is vroeër gebruik om horingstompies van kalwers en bokke op te los en te verwyder.[4]
Verwysings
- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 "Antimony trichloride" (in Engels). PubChem NIH VSA.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Lipka, A. (1979). "An X-ray structure redetermination of antimony trichloride". Acta Cryst. B. 35: 3020–3022. doi:10.1107/S0567740879011201.
- ↑ D. W. Cushen, R. Hulme (1962). "The crystal and molecular structure of antimony tribromide: β-antimony tribromide". Journal of the Chemical Society (Resumed). 0.
{cite journal}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ "74856". CHEBI.