ArXiv (identifier)

arXiv (uitgespreek soos die Engelse woord archive, met X die Griekse letter chi, χ) is ’n versameling elektroniese vooruitgawes van wetenskaplike artikels in die wiskunde, fisika, sterrekunde, informatika, matematiese biologie, statistiek en matematiese ekonomie wat aanlyn geraadpleeg kan word. In bepaalde gebiede van die wiskunde en fisika kan byna alle wetenskaplike artikels op arXiv gevind word. arXiv is op 14 Augustus 1991 begin en het op 3 Oktober 2008 reeds die grens van ’n halfmiljoen artikels verbygesteek.[1][2]

Verwysings

Skakels