Aston Martin Bulldog
![]() Die Bulldog op uitstalling by die 2009 "Goodwood Festival of Speed" | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Aston Martin |
Produksie | 1979 (1 vervaardig) |
Montering | Newport Pagnell, Buckinghamshire, Engeland |
Ontwerper | William Towns |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Sportmotor (S-segment) |
Bakstyl | 2-deur koepee |
Uitleg | Middelenjin, agterwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 5.3 L tweeling-turboaanjaer V8 |
Lengte | 4724 mm |
Hoogte | 1092 mm |
Die Aston Martin Bulldog was 'n eenmalige sportmotor van die Britse motorvervaardiger Aston Martin, ontwerp deur William Towns en ontwikkel deur sommige ingenieurs van Aston Martin, onder leiding van Mike Loasby en Keith Martin.
Aanloop
Die inisiatief vir hierdie motor kan teruggevoer word na 1976 en kom van 'n Arabiese klant wat egter onttrek het voordat die betreklik lang ontwikkelingswerk voltooi is. Na 'n bietjie beraadslaging het Aston Martin besluit om die motor op eie koste as 'n soort advertensievoorwerp te voltooi. Die kode vir die projek was aanvanklik DP K9, na 'n rol in die fliek Doctor Who. Die uiteindelik-gekose naam "Bulldog" was te danke aan 'n klein verlate hoekie in Aston Martin se fabriek, waar Keith Martin en sy span die motor aanmekaargesit het en wat intern die 'hondehok' genoem is. Dit is amptelik op 8 Maart 1980 by die Bell Hotel in Aston Clinton (Buckinghamshire) onthul.
Voertuigeienskappe
Anders as al die vorige Aston Martin-modelle, is die Bulldog ontwerp as 'n middelenjinvoertuig en rus dit op 'n sentrale buisraamwerk. Die voorvering bestaan uit dubbele draagbande met kronkelvere en 'n rolstang, 'n De-Dion-as met kronkelvere, sleeparms en Watt-koppeling is agter aangebring. Die binnebrand-5,3 liter-agtsilinderenjin dien as aandrywer, en beskik oor twee uitlaatgasturbo-aanjaers van Garrett AiResearch. Dit het dus, afhangend van die bron, 'n uitset van 440 kW of selfs 515 kW. 'n Tweede eksemplaar van hierdie enjin is in 1980 in 'n eenmalige Aston Martin Lagonda gebruik.
Die eerste toetsrit was 'n groot sukses. Die motor het 'n bevestigde topsnelheid van 307 km/h bereik, maar dit het nie gestrook met die fabrieksaankondiging van 322 km/h nie. Die teoreties-haalbare spoed was 381 km/h.
Lot van die Bulldog
Na voltooiing van die ontwikkelingsprogram het Aston Martin in die loop van 1982 die Bulldog aan die hoogste bieder, 'n klant uit die Midde-Ooste, verkoop. Die totale koste vir die ontwerp en konstruksie van die Bulldog was £ 130 000.
Die Bulldog het 'n geruime tyd in die Verenigde State deurgebring, maar is hierna met nuwe, groen verfwerk na die Verenigde Koninkryk teruggebring, en as te koop aangebied. Die binnekant is ook verander, van die oorspronklike donkerbruin na 'n ligte rooibruin met 'n kontrasterende roomkleur.
In September 2020 kondig Classic Motor Cars Ltd aan dat hy die Bulldog heeltemal gaan restoureer.
Tegniese spesifikasies
Aston Martin Bulldog | |
---|---|
Boujaar | 1979 |
Silinders / enjinsoort | V8-enjin |
Kleppe | 16 |
Verplasing | 5340 cc |
Kompressie | 7.5:1 |
Turbo | twee turboaanjaers |
Krag | 440-515 kW (598-700 pk) teen 6000 opm |
Wringkrag | 745-813 Nm |
Rit | Transas - agterwielaandrywing |
Transmissie | 5-gang ZF-ratkas |
Leë gewig | 1454 kg |
Tenk kapasiteit | 113 liter |
0-60 mpu (0–97 km/h) | 5.1 s |
Maksimum spoed | 307 km/h |