BFV Hassia Bingen is 'n sportklub uit Bingen am Rhein in die deelstaatRynland-Palts in Duitsland. Benewens sokker, het die klub ook 'n afdeling vir tafeltennis, waarvan die damespan vanaf die 2010-seisoen vir die eerste keer op die hoogste vlak in die tafeltennis-Bundesliga vir dames meeding. Hassia is Latyns vir Hesse.
Die klub is op 20 Mei1925 gestig met die samesmelting van Binger FV (gestig in 1910) met Hassia Kempten. Na die Tweede Wêreldoorlog is alle sportklubs deur die Geallieerdes ontbind, maar in 1946 word die klub met dieselfde naam herstig as 'n samesmelting van alle vooroorlogse klubs uit Bingen.
Die klub het tussen 1926 en 1930 op die hoogste vlak gespeel in die Bezirksliga Rheinhessen-Saar en Bezirksliga Main-Hessen, maar hierna het die klub in die laer ligas gespeel (daar is wel in 1940 onsuksesvol deelgeneem aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Gauliga Suidwes).
Die klub se grootste prestasie was om in die 1945/46- en 1952/53-seisoene in die Oberliga Suidwes op die hoogste vlak te kon meeding, asook om die derde rondte van die DFB-Pokal te haal in 1975.
Onlangse ligaposisionering
1963-64 (III) Amateurliga Suidwes 9de
1964-65 (III) Amateurliga Suidwes 12de
1965-66 (III) Amateurliga Suidwes 8ste
1966-67 (III) Amateurliga Suidwes 7de
1967-68 (III) Amateurliga Suidwes 14de
1968-69 (IV) Bezirksliga Rheinhessen 4de
1969-70 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 1ste
1970-71 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 11de
1971-72 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 2de
1972-73 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 1ste
1973-74 (IV) 2.Amateurliga R-hessen 1ste
1974-75 (III) Amateurliga Suidwes 11de
1975-76 (III) Amateurliga Suidwes 5de
1976-77 (III) Amateurliga Suidwes 2de
1977-78 (III) Amateurliga Suidwes 2de
1978-79 (III) Am.Oberliga Suidwes 6de
1979-80 (III) Am.Oberliga Suidwes 14de
1980-81 (III) Am.Oberliga Suidwes 9de
1981-82 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste
1982-83 (III) Am.Oberliga Suidwes 5de
1983-84 (III) Am.Oberliga Suidwes 4de
1984-85 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de
1985-86 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste
1986-87 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste
1987-88 (III) Am.Oberliga Suidwes 11de
1988-89 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de
1989-90 (III) Am.Oberliga Suidwes 9de
1990-91 (III) Am.Oberliga Suidwes 16de
1991-92 (IV) Verbandsliga Suidwes 3de
1992-93 (IV) Verbandsliga Suidwes 3de
1993-94 (IV) Verbandsliga Suidwes 2de
1994-95 (IV) Oberliga Suidwes 9de
1995-96 (IV) Oberliga Suidwes 4de
1996-97 (IV) Oberliga Suidwes 9de
1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 15de
1998-99 (IV) Oberliga Suidwes 16de
1999-00 (IV) Oberliga Suidwes 13de
2000-01 (IV) Oberliga Suidwes 19de
2001-02 (V) Verbandsliga Suidwes 3de
2002-03 (V) Verbandsliga Suidwes 1ste
2003-04 (IV) Oberliga Suidwes 13de
2004-05 (IV) Oberliga Suidwes 9de
2005-06 (IV) Oberliga Suidwes 17de
2006-07 (V) Verbandsliga Suidwes 8ste
2007-08 (V) Verbandsliga Suidwes 11de
2008-09 (VI) Verbandsliga Suidwes 1ste
2009-10 (V) Oberliga Suidwes
Literatuur
Süddeutschlands Fussball Geschichte in Tabellenform 1897-1988 deur Ludolf Hyll