Bariumkarbonaat
Algemeen | |
---|---|
Naam | Bariumkarbonaat |
IUSTC-naam | Bariumkarbonaat |
![]() | |
Chemiese formule | BaCO3 |
Molêre massa | 197,34 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 513-77-9[1] |
Voorkoms | Swaar, wit vastestof[1] |
Reuk | Reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Fase | T <800 °C |
Selkonstantes | a=531,3pm b=889.6pm c=642,8pm[2] |
Ruimtegroep | Pmcn (Pnma) [2][3] |
Nommer | 62 |
Strukturbericht | G0₂ |
Fase | 800 °C<T <970 °C |
Selkonstantes | a=520,5pm; c=1055pm[4] |
Ruimtegroep | R3m |
Nommer | 167 |
Fase | T >970 °C |
Selkonstantes | 696pm[4] |
Ruimtegroep | Fm3m ? |
Nommer | 225 |
Smeltpunt | 1380 °C (ontbind)[1] |
Kookpunt | geen (ontbind)[1] |
Digtheid | 4,275 g/cm3[1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar in water (14 mg/L @20 °C; oplosbaar in meeste sure, behalwe swaelsuur[1] |
Ksp | 5,1 10-9[5] |
Brekingsindeks | 1,529; 1,676; 1,677[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar[1] |
LD50 | 418 [mg/kg] (rot; oraal) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Bariumkarbonaat is 'n sout van barium en koolsuur met die formule BaCO3.
Dit kom in die natuur as die mineraal witheriet voor. Dit word gebruik in rottegif, bakstene, keramiekglasure en sement.[1]
Kristalstruktuur
Bariumkarbonaat kristalliseer in die ortorombiese aragoniet-struktuur. (G02 in die strukturbericht-klassifikasie).[3] Bariumkarbonaat het twee hoëtemperatuurmodifikasies. Teen 800 °C gaan dit oor in 'n romboëdriese kalsietstruktuur (G01). Die oorgangsentalpie is 18,79 [kJ/mol]. Teen 970 °C word die struktuur kubies (ΔH= 30,54 [kJ/mol]). Hierdie kubiese fase het dalk die RbNO3-I-struktuur. Die posisies van die karbonaatione vertoon wanorde.[4]
Chemiese eienskappe
Bariumkarbonaat kan as neerslag verkry word deur aan 'n oplossing van natriumkarbonaat (soda) 'n oplossing van bariumchloried by te voeg:[6]
Dit is 'n basis wat gebruik kan word om uit oplossings van chloriede van Al3+, Cr3+ of Fe3+ hidroksiede neer te slaan:[6]
Produksie
Bariumkarbonaat is 'n belangrike industriële materiaal. Die konvensionele metode van BaCO3-bereiding is gebaseer op hoë-temperatuur reduksie van bariet (natuurlike bariumsulfaat) met steenkool, wat 'n groot hoeveelheid CO2 vrystel. Onlangse navorsing bied 'n skoner metode vir BaCO3-produksie met metaan as die reduseermiddel, wat die CO2-emissie aansienlik verminder (tot 75%). [7]
Medies
In teenstelling tot die sulfaat is bariumkarbonaat toksies omdat dit in die maagsuur oplos. Toe bariumkarbonaat verkeerdelik as 'n X-straal-kontrasmedium gebruik is, het ses pasiënte 133 gm elk (ongeveer 1900 mg/kg) oorleef, maar nog een is ná slegs 53 gm dood. Die skrywer het vroeëre verslae aangehaal wat aandui dat so min as 4 gm (ongeveer 57 mg/kg) dodelik was.[1]
Verwysings
- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 "Barium Carbonate (compound)". PubChem NIH.
- ↑ 2,0 2,1 "witherite". mindat 4299.
- ↑ 3,0 3,1 "Aragonite". Aflow. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2024. Besoek op 21 Februarie 2024.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 Strømme, K. O. (1975). "On the Crystal Structures of the High-temperature Forms of Strontium and Barium Carbonate and Structurally Related Compounds". Acta Chemica Scandinavica: 105–110. doi:10.3891/acta.chem.scand.29a-0105. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2024. Besoek op 21 Februarie 2024.
- ↑ "Solubility Product Constants near 25 °C". University of Rhode Island.
- ↑ 6,0 6,1 R.N. de Haas (1903). Scheikundige oefeningen. Wolter.
- ↑ E. Jamshidi, H. Ale Ebrahim (2008). "A new clean process for barium carbonate preparation by barite reduction with methane". Chemical Engineering and Processing: Process Intensification. 47 (9–10): 1567–1577. doi:10.1016/j.cep.2007.07.006.
{cite journal}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)