Bariumperoksied

Eienskappe

Algemeen

Naam Bariumperoksied 
IUSTC-naam Bariumperoksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule BaO2
Molêre massa 169,33 [g/mol][1]
CAS-nommer 1304-29-6[1]  
Voorkoms gryswit vastestof[1]  
Reuk reukloos[1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=538,4(1,0)pm; c=684,2(5)pm[2]  
Ruimtegroep F4/mmm (I4/mmm) [2][3] 
Nommer 139  
Strukturbericht C11ₐ
Smeltpunt 450 °C [1]
Kookpunt 800 °C (ontbind)[1]
Digtheid 4,96 g/cm3[1]
Oplosbaarheid onoplosbaar in water (910 mg/L @20 °C[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt nie-brandbaar[1] 
LD50 50 [mg/kg] (muis; oraal) [1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Bariumperoksied is 'n verbinding van barium met suurstof in sy -1 oksidasietoestand. Die formule is BaO2

Kristalstruktuur

Bariumperoksied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur. Die suurstofatome vorm pare wat as [O2]2--ione beskou kan word. Hulle lê ewewydig aan die c-as. Die O-O-afstand is 149(4) pm, wat vergelykbaar is met hierdie afstand in waterstofperoskied (149(2) pm). Die bariumioon word omring deur ses peroksiedione. Twee polêres is eind-aan, vier aan die ewenaar sywaarts. Dit gee die bariumioon tien buuratome. [2] Dit is die C11a-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.

Chemiese eienskappe

Die oktahidraat van bariumperoksied (BaO2·8H2O) kan verkry word deur 'n oplossing van 3% waterstofperoksied aan 'n oplossing van bariumhidroksied by te voeg.[2]

Die neerslag kan eers oor silikagel teen 60 °C gedroog word en dan teen 100 °C oor P2O5. Kalsinasie onder 'n suurstofatmosfeer teen 550-600 °C lewer 'n goed gekristalliseerde poeier.

Gebruike

Dit is die mees algemene anorganiese peroksied.[4]

Dit word gebruik:

  • as vuurtegniese onderlaagmengsels in fakkels en vuurwerke[5], as oksideermiddel wat 'n groen kleur gee by ontsteking. [4]
  • as 'n oksideermiddel in ammunisie[5] (spoorsnyer)[4]
  • as 'n bleikmiddel vir dierlike stowwe, plantvesels en strooi[4]
  • om glas te ontkleur en tekstiele te kleur.[5]
  • om suurstof en waterstofperoksied te vervaardig[5]
  • as oksideermiddel in organiese sintese[5]
  • kruiskoppelingsversneller vir spesiale harse.[4]
  • gekombineer met aluminium in die sweisbedryf [5]

Verwysings

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 "Barium Peroxide (compound)". PubChem NIH.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 S.C. Abrahams; J. Kalnajs (1954). "The crystal structure of barium peroxide". Acta Cryst. 7: 838.{cite journal}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. "Aragonite". Aflow. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2024. Besoek op 24 Februarie 2024.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 "Barium peroxide". Isaltis.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 "barium peroxide". the good scents company.