Belinda (maan)
![]() Belinda, soos gesien deur Voyager 2. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stephen P. Synnott / Voyager 2 |
Datum | 13 Januarie 1986 |
Kleinplaneet-benaming | Uranus XIV |
Wentelbaaneienskappe | |
Wentelbaanradius | 75 255,613 ± 0,057 km[1] |
Wentelperiode | 0,623527470 ± 0,000000017 d[1] |
Baanhelling | 0,03063 ± 0,028° (tot Uranus se wentelbaan)[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 128 × 64 × 64 km[2] |
Gem. radius | 40,3 ± 8 km[2][3][4] |
Oppervlakte | ~25 000 km² [nota 1] |
Volume | ~380 000 km³ [nota 1] |
Massa | ~3,6×1017 kg[nota 1] |
Gem. digtheid | ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,014 m/s²[nota 1] |
Ontsnapping- snelheid | ~0,034 km/s[nota 1] |
Rotasieperiode | Sinchronies[2] |
Ashelling | 0[2] |
0,08 ± 0,01[5] | |
Temperatuur | ~64 K[nota 1] |
Belinda is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 5 gekry.[6] Dit is daarna genoem na Belinda, die heldin in Alexander Pope se The Rape of the Lock. Dit het ook die naam Uranus XIV.[6]
Belinda behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Perdita en Portia insluit.[2] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[2] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 45 km[2] en geometriese albedo van 0,08[2] is feitlik niks oor Belinda bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Belinda soos ’n baie langwerpige voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,5 ± 0,1.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2] Belinda se wentelbaan verskil met met 863 km van dié van die kleiner Kupido.
Belinda kan binne die volgende 10 miljoen tot 1 miljard jaar teen Kupido bots.[7]
Sien ook
Notas
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Jacobson 1998.
- ↑ 2,00 2,01 2,02 2,03 2,04 2,05 2,06 2,07 2,08 2,09 Karkoschka, Voyager 2001.
- ↑ 3,0 3,1 JPL Solar System Dynamics.
- ↑ Williams 2007.
- ↑ Karkoschka, Hubble 2001.
- ↑ 6,0 6,1 IAUC 4164.
- ↑ "Uranus's colliding moons". astronomy.com. 2017. Besoek op 23 September 2017.
Bronne
- Jacobson, R. A. (1998). "The Orbits of the Inner Uranian Satellites From Hubble Space Telescope and Voyager 2 Observations". The Astronomical Journal. 115 (3): 1195–1199. Bibcode:1998AJ....115.1195J. doi:10.1086/300263.
{cite journal}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Karkoschka, Erich (2001). "Voyager's Eleventh Discovery of a Satellite of Uranus and Photometry and the First Size Measurements of Nine Satellites". Icarus. 151 (1): 69–77. Bibcode:2001Icar..151...69K. doi:10.1006/icar.2001.6597.
- "Planetary Satellite Physical Parameters". JPL (Solar System Dynamics). 18 Oktober 2010. Besoek op 27 Januarie 2012.
- Williams, Dr. David R. (23 November 2007). "Uranian Satellite Fact Sheet". Nasa (National Space Science Data Center). Besoek op 27 Januarie 2012.
{cite web}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Karkoschka, Erich (2001). "Comprehensive Photometry of the Rings and 16 Satellites of Uranus with the Hubble Space Telescope". Icarus. 151 (1): 51–68. Bibcode:2001Icar..151...51K. doi:10.1006/icar.2001.6596.
- Marsden, Brian G. (16 Januarie 1986). "Satellites of Uranus". IAU Circular. 4164. Besoek op 27 Januarie 2012.
- USGS/IAU (21 Julie 2006). "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology. Besoek op 27 Januarie 2012.
Skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.