Bruinboleet

Bruinboleet
I. badia op beuk- en eikemolm
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Fungi
Divisie: Basidiomycota
Klas: Agaricomycetes
Orde: Boletales
Familie: Boletaceae
Genus: Imleria
Spesie:
I. badia
Binomiale naam
Imleria badia
(Fr.) Vizzini (2014)
Sinonieme[1]
  • Boletus castaneus ß badius Fr. (1818)
  • Boletus castaneus var. badius (Fr.) Fr. (1828)
  • Boletus badius (Fr.) Fr. (1832)
  • Rostkovites badia (Fr.) P.Karst. (1881)
  • Viscipellis badia (Fr.) Quél. (1886)
  • Ixocomus badius (Fr.) Quél. (1888)
  • Suillus badius (Fr.) Kuntze (1898)
  • Xerocomus badius (Fr.) E.-J.Gilbert (1931)

Die bruinboleet[2] (Imleria badia (Fr.) Vizzini, 2014) is 'n eetbare swamspesie wat in Europa en Noord-Amerika, asook in Suid-Afrika voorkom, waar dit in naald- of gemengde woude op die grond of op verrottende boomstompe groei, soms in produktiewe getalle. Die wetenskaplike sowel as volksnaam verwys na die kleur van die kappie of mus.

Kenmerke

Die vrugliggaam is 'n paddastoel met 'n mus wat kastaiingbruin tot donkerbruin van kleur is. Soos ander bolete het dit 'n himenium met porieë wat aanvanklik room tot liggeel van kleur is en later groenerig-geel word. Die poriebuisies is 0,8 tot 1,5 cm diep en kan maklik verwyder word. Die steel is glad en kan 4 tot 9 cm lank word. Die spoorafdruk is olyfkleurig. Die paddastoel is eetbaar en smaaklik.[3]

Fotogalery

Verwysings