Buffalo City-stadion is 'n veeldoelige sportstadion wat in die voorstad Arcadia van Oos-Londen, Suid-Afrika geleë is. Die stadion was oorspronklik in 1934 gebou en in 2010 opgeknap. Die stadion kan 16 000 toeskouers huisves en word hoofsaaklik vir rugby- en sokkerwedstryde gebruik.