Canon EOS 6D

Die Canon EOS 6D is 'n 20.2-megapieksel volraam-CMOS digitale enkellensreflekskamera wat deur Canon vervaardig word.

Dit is op 17 September 2012 bekendgestel, die dag voor die photokina-handelskou. Dit is teen laat-November 2012 vrygestel teen 'n voorgestelde kleinhandelprys van VS$2 099.00 (liggaam).[1][2][3]

Die 6D is te koop as 'n liggaam alleen of in 'n pakket met 'n EF 24-105mm f/4L IS USM lens; met die bekendstelling was die voorgestelde kleinhandelprys VS$2 899.00.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.