Cincinnati Reds

Die Reds se uniformlogo
Die Reds se kenteken

The Cincinnati Reds[1] (noemnaam: "Big Red Machine") is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Cincinnati, Ohio. Die span ding mee in Hoofliga bofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Sentrale Divisie (NL-Sentraal), en was in 1881 'n "charter member" van die destydse "American Association" (AA) voordat dit by die Nasionale Liga aangesluit het in 1890.[2][3]

Die Reds het van 1969 tot 1993 in die Nasionale Liga se Westelike Divisie (NL-Wes) gespeel, voordat die span in 1994 by die Sentrale Divisie (NL-Sentraal) aangesluit het. Die span is vir etlike jare in die 1970's as die mees dominante span in bofbal beskou, met Wêreldreeks-titels in 1975 en 1976; die span was in die omgang bekend as die "Big Red Machine" gedurende hierdie tyd, en het spelers soos Johnny Bench, Joe Morgan en Tony Pérez ingesluit, wat in die Bofbal-heldesaal opgeneem is, sowel as die omstrede Pete Rose, destyds die algehele leier in "hits" (Rose het 4,256 "hits" of houe gemoker. Ty Cobb van die Detroit Tigers het tydens sy loopbaan 4 191 "hits" of houe geslaan, wat vir 57 jaar die MLB-rekord was.).[4] in Major League Baseball. Die Reds het in totaal vyf Wêreldreeks-kampioenskappe, nege NL-wimpels, een AA-wimpel en 10 divisietitels gewen. Die span speel sy tuiswedstryde by Great American Ball Park[5], wat in 2003 geopen is. Bob Castellini is sedert 2006 die hoof uitvoerende beampte (HUB) van die Reds. Die Reds se algehele rekord Van 1882 tot 2023 is: 10,857 wedstryde gewen, 10,681 wedstryde verloor en 139 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .504).[6]

Verwysings

  1. Die span se naam was van 1881 tot 1889 die Cincinatti Red Stockings en van 1953 tot 1958 die Cincinnati Redlegs
  2. Sheldon, Mark (21 Desember 2020). "History of the Reds' team name". MLB.com. MLB Advanced Media. Besoek op 12 April 2021.
  3. "Reds Timeline". Reds.com. MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2019. Besoek op 12 April 2021.
  4. In bofbalstatistieke word 'n "hit" of hou (aangedui deur H), ook 'n "base hit" (bofhou) genoem, aan 'n kolwer toegeken wanneer die kolwer die eerste bof veilig bereik of verbysteek nadat hy die bal in "fair territory" (d.w.s. die gebied waarbinne spel geldig is) geslaan het, met nóg die voordeel van 'n "error" (fout) nóg 'n "fielder's choice" (afgekort as "FC") (veldwerkerskeuse). Veldwerkerskeuse verwys na 'n verskeidenheid spelstukke of scenarios ingevolge waarvan 'n "offensive" (aanvallende) speler 'n bof bereik as gevolg van die "defense" (verdediging) se poging om 'n ander "baserunner" (bofhardloper) uit te hardloop, of die verdedigende span se onverskilligheid jeens sy pogings om die bof te bereik. Die veldwerkerskeuse word nie deur die skeidsregters op die speelveld uitgeroep nie; dit word eerder deur die amptelike puntemaker aangeteken om rekening te hou met die aanvallende speler se vordering, sonder om 'n aanvallende statistiek soos 'n "hit" (hou) of gesteelde bof aan hom toe te ken. Alhoewel daar verskeie definisies van veldwerkerskeuse is, behels die mees algemene definsie (en die enigste een wat algemeen na verwys word as "FC") dat 'n veldwerker 'n "fair ball" kry en kies om 'n ander bofhardloper te probeer uithaal, waardeur die kolwer-hardloper veilig eerste bof kan bereik. Dit kan wees omdat die verdedigende speler glo dat hulle nie 'n redelike vooruitsig het om die kolwer te verhoed om eerste bof veilig te bereik nie, maar kom gewoonlik voor omdat dit tipies voordeliger is vir die verdedigende span om te verhoed dat 'n ander bofhardloper nader aan tuisplaat of tuisbof vorder, of selfs 'n lopie aanteken.
  5. Die Reds se vorige tuisvelde was: Riverfront Stadium (1970–2002), Crosley Field (1912–1970), Palace of the Fans (1902–1911), League Park (II) (1894–1901), League Park (I) (1884–1893) en Bank Street Grounds (1881–1883)
  6. "Cincinnati Reds Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference.com (in Engels). Besoek op 11 November 2020.

Nog leesstof

Eksterne skakels