Citroën Berlingo
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Citroën Peugeot |
Produksie | 1996–huidig |
Montering | Villa Bosch, Argentinië Poissy, Frankryk (PSA Poissy aanleg) en elders |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | Paneelwa |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Citroën C15 |
Die Citroën Berlingo en Peugeot Partner is byna identiese paneelwaens en ontspanningsvoertuie wat deur die PSA Peugeot Citroën alliansie vervaardig word sedert 1996. Hulle is gebaseer op die Citroën ZX/Peugeot 306 stasiewa se vloerpan en onderstel. Met hul vierkantige, boksagtige vragruim en aerodinamiese voorkant, kan hulle konseptueel beskou word as die afstammelinge van die Citroën 2CV.
Beide die Berlingo en Partner is in saamgepersde aardgas en elektriese weergawes beskikbaar, almal met inlynviersilinderenjins.
Die paneelwaens is die Berlingo en Partner, terwyl die ontspanningsvoertuie bekend staan as die Berlingo Multispace en Partner Combi. In Italië was die eerste geslag van die Partner bekend as die Peugeot Ranch.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Citroën Berlingo.
Citroën
|
|||
In produksie: Berlingo • C1 • C3 • C4 • C4 Cactus • C5 • DS3 • DS 4 • DS 5 • C-Elysée • Jumpy • Jumper • C-Triomphe
|
|||
Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • Traction Avant • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX | |||
Wysig hierdie sjabloon |