Davos
Davos | |
---|---|
Stad | |
'n Uitsig oor Davos-Dorf | |
Koördinate: 46°47′35″N 09°49′17″O / 46.79306°N 9.82139°OKoördinate: 46°47′35″N 09°49′17″O / 46.79306°N 9.82139°O | |
Land | Switserland |
Kanton | Graubünden |
Streek | Prättigau/Davos |
Oppervlak | |
• Totaal | 283,99 km2 (109,65 vk. myl) |
Hoogte | 1 560 m (5 120 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 10 937 |
• Digtheid | 39/km2 (100/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 7260, 7270 |
Webwerf | Gemeinde Davos |
Davos ([daˈfoːs] of [daˈvoːs]) is 'n munisipaliteit (politische Gemeinde) in die Oos-Switserse kanton Graubünden wat uit meerdere nedersettings met 'n totale bevolking van sowat 11 000 bestaan. Die grootstes hiervan is Davos Dorf, Davos Platz, Davos Frauenkirch, Davos Glaris, Davos Monstein en Davos Wiesen, geleë in die Landwasser-vallei (Duits: Landwassertal).
Volgens sy oppervlakte is Davos die grootste munisipaliteit in Graubünden en die tweede grootste in Switserland.[1] Anders as byvoorbeeld in Duitsland of Oostenryk word geen besondere stadstatus aan groter nedersettings toegeken nie en enige munisipaliteit met meer as 10 000 inwoners vir statistiese doeleindes as stad gereken - so ook Davos.
Davos het sedert die 19de eeu tot 'n gewilde herstellingsoord en wintersportbestemming ontwikkel, terwyl sy bevolking vertiendubbel het. Dit het internasionale bekendheid verwerf as gasheerstad van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), 'n vergadering van internasionale politieke en sake-elites wat jaarliks hier gehou word.