Dertigjarige Oorlog
Dertigjarige Oorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Europese godsdienstige oorloë | |||||||
Die inname van Maagdenburg in 1631. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Protestantse lande en Geallieerdes Swede |
Rooms-Katolieke lande en Geallieerdes Spanje | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Gustav II Adolf (†) Axel Oxenstierna |
Filips IV Gaspar de Guzmán | ||||||
Sterkte | |||||||
Totaal: 661 000 150 000 Swede 50 000 Dene en Noorweërs 75 000 Nederlanders 100-150 000 Duitsers 150 000 Franse 30-40 000 Bohemers 20 000-30 000 Hongaarse Anti-Habsburg Rebelle 6 000 Transsilvaniërs[4] |
Totaal: 450 000 300 000 Spanjaarde 100-200 000 Duitsers ± 20 000 Hongaarse en Kroatiese kavallerie[5] | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
8 000 000 met inbegrip van burgerlike slagoffers[6] |
Die Dertigjarige Oorlog (1618–1648) was een van die verwoestendste konflikte in Europese geskiedenis. Die oorlog is hoofsaaklik (dog nie uitsluitlik) in Duitsland geveg en het met tye die meeste lande van Europa betrek. Seeoorlogvoering het ook oor die seë gereik en die koloniale vorming van toekomstige nasies beïnvloed.
Die oorsprong van die konflik en die doelwitte van die deelnemers is ingewikkeld en daar kan nie na één spesifieke geval verwys word as die hoofrede vir die oorlog nie. Die oorlog was oorspronklik geveg as 'n godsdienstige konflik tussen Protestante en Katolieke in die Heilige Romeinse Ryk, alhoewel geskille oor die interne politiek en balans van mag binne-in die Ryk ook 'n belangrike rol gespeel het.[7][8] In hierdie fase het die oorlog 'n voortsetting geword van die Bourbon-Habsburg-wedywering vir Europese politieke superioriteit, wat weer gelei het tot verdere oorlogvoering tussen Frankryk en die Habsburg-magte, met minder klem op godsdiens.[9]
Een van die grootste gevolge van die Dertigjarige Oorlog was die uitgebreide verwoesting van algehele streke; tallose gebiede is verweer deur plunderende troepe. Die bevolkings van die Duitse state, die Lae Lande en Italië het aansienlik afgeneem as gevolg van voorvalle van hongersnood en siekte, terwyl vegtende magte bankkrotskap in die gesig gestaar het.
In die 17de eeu was daar van leërs verwag om hul fondse grotendeels te verkry uit buit of huldeblyke (wat afgedwing is in die gebiede waar hulle gestasioneer is). Hierdie metode het 'n soort wetteloosheid aangemoedig, wat 'n swaar las vir inwoners van die beleërde gebiede was. Die Dertigjarige Oorlog is amptelik beëindig met die verdrae van Osnabrück en Münster, as deel van die groter Vrede van Wesfale.[10]
Verwysings
- ↑ (en) Helmolt, Hans Ferdinand (1903). The World's History: Western Europe to 1800. W. Heinemann. p. 573. ISBN 0-217-96566-0.
- ↑ (en) "into line with army of Gabriel Bethlen in 1620." Ágnes Várkonyi: Age of the Reforms, Magyar Könyvklub publisher, 1999. ISBN 963-547-070-3
- ↑ (en) Ervin Liptai: Military history of Hungary, Zrínyi Military Publisher, 1985. ISBN 9633263379
- ↑ (en) László Markó: The Great Honors of the Hungarian State (A Magyar Állam Főméltóságai), Magyar Könyvklub 2000. ISBN 963-547-085-1
- ↑ (en) László Markó: The Great Honors of the Hungarian State (A Magyar Állam Főméltóságai), Magyar Könyvklub 2000. ISBN 963-547-085-1
- ↑ (en) Norman Davies, Europe, bl. 568
- ↑ (en) "The Thirty-Years-War". Western New England College. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1999-10-09. Besoek op 2008-05-24.
- ↑ "::The Thirty Years War 1621 to 1626:" (in Engels). www.historylearningsite.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2015. Besoek op 22 Mei 2008.
- ↑ "Thirty Years' War" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008. Besoek op 24 Mei 2008.
- ↑ (en) Richard W. Rahn (2006-12-21). "Avoiding a Thirty Years War". The Washington Post. www.discovery.org. Besoek op 2008-05-25.