Dwelmmiddel

'n Dwelmmiddel is enige chemiese middel, wettig of onwettig, natuurlik of sinteties, wat 'n farmakologiese uitwerking op die persoon se geestestoestand (psige) het indien dit gebruik word.
Tipes dwelmmiddels
- Depressante: Middels wat gevoelens van verhoogde welsyn, lomerigheid, verligting van spanning en soms slaap veroorsaak. Dit sluit opiate of narkotika, hipnotika of slaapmiddels en berustings- of susmiddels (Engels: "tranquilisers") in.
- Stimulante: Middels wat slapeloosheid bevorder en energie verskaf terwyl dit neerslagtigheid en eetlus demp.
- Hallusinogene: Middels wat radikale veranderinge in die mens se geestestoestand veroorsaak, onder meer hallusinasies en verdraaiings van die werklikheid veroorsaak.
- Sintetiese produkte: Verbindings wat uitsluitlik deur sintese verkry word en nie in die natuur voorkom nie.