Dwerggans

Dwerggans
Broeipaar te Leeupan in die suidelike Krugerwildtuin en 'n mannetjie in vlug
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Nettapus
Spesie:
N. auritus
Binomiale naam
Nettapus auritus
(Boddaert, 1783)
Nettapus-verspreiding

     Dwerggans (N. auritus)      Kapokdwerggans (Asiatiese ras)      Kapokdwerggans (Australiese ras)      Sebradwerggans (N. pulchellus)

Die Dwerggans (Nettapus auritus) is 'n gelokaliseerde, algemene eendvoël. Dit is 'n standvoël in die subtropiese en tropiese laagliggende gebiede van Sub-Sahara Afrika en Madagaskar. Hul habitat is tipies panne of vloedvlaktes met drywende akwatiese plantegroei.

Identifikasie

Dit is 'n baie klein soort eend, maar met pragtige opvallende kleure. Die eend is 30–33 cm lank en weeg 230 tot 320 gram. Oranje-kleurige lyf, wit bors, wit gesig met donker groen rug. Hulle verkies om in die water te bly, waarmee hul kleur mooi saamsmelt.

Habitat

Varswater areas met drywende waterplante. Hulle verkies stil riviertakke en vleie met baie waterplante en word altyd in pare of klein swerms aangetref.

Broeigewoontes

Hulle maak nes in 'n gat in 'n boom of krans, gewoonlik naby water. Dwerggansneste word uiters selde gesien.

Verspreiding

Noordooste van Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek. Hulle hou van tropiese streke, maar word ook waargeneem in droër gebiede.

Geluid

'n Swei-swei geluid.

Ander name

Galery

Sien ook

Bronnelys