Federale Distrik Krim

Federale Distrik Krim
Крымский федеральный округ
Die ligging van die Federale Distrik Krim.
Die ligging van die Federale Distrik Krim.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Deelgebiede 2
Stigting 21 Maart 2014
Regering
Hoofstad Simferopol
Leier Oleg Belawentsef
Amp Presidensiële afgevaardigde
Bevolking
Sensus 2014
Totaal 2 342 400
Statistiek
Oppervlakte 27 000 km2
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Die Federale Distrik Krim (Russies: Крымский федеральный округ) is een van die nege federale distrikte van Rusland. Dit is op 21 Maart 2014 gestig ná die betwiste anneksasie van die Krim deur Rusland.[1] Die distrik sluit in die Republiek Krim en die federale stad Sewastopol, wat deur die grootste deel van die internasionale gemeenskap beskou word as deel van Oekraïne. Laasgenoemde land beskou die gebied saam met die Volksrepublieke Loegansk en Donetsk as "tydelik besette gebiede".[2][3]

Die administratiewe hoofstad van die federale distrik is Simferopol.

Federale deelgebiede

Federale Distrik Krim
# Vlag Federale gebied Administratiewe hoofstad
1 Republiek Krim Simferopol
2 Sewastopol

Verwysings