Francesco Cupani
Francesco Cupani (21 Januarie 1657, Mirto – 19 Januarie 1710, Palermo) was 'n Italiaanse natuurkundige wat hoofsaaklik belanggestel het in plantkunde.
In 1692 word hy die eerste direkteur van die botaniese tuin by Misilmeri. Hier is die plante geklassifiseer in 'n taksonomiese stelsel van binomiale nomenklatuur wat later deur Carl Linnaeus standaard gemaak is. Hierdie werk het hom in kontak gebring met baie plantkundiges, byvoorbeeld Joseph Pitton de Tournefort, Caspar Commelin, William Sherard, James Petiver, Johann Georg Volckamer, Felice Viali (1638–1722) en Giovanni Battista Triumfetti.
Werke
- Catalogus plantarum sicularum Noviter adinventarum Palermo, 1692.
- Syllabus plantarum Siciliae Nuper detectarum Palermo, 1694.
- Hortus Catholicus Napoli, 1696.
- Pamphyton siculum, a natural history (fauna as well as flora) of Sicily published posthumously in 1713 and the result of 25 years work.
Eksterne Skakels
- Herbarium (Cupani Hortus Siccus)
- Alberto Massi Geargiveer 7 Oktober 2012 op Wayback Machine