HMS Illustrious
HMS Illustrious in 1942 | |
Naam | HMS Illustrious |
---|---|
Klas en tipe | Illustrious-klas vliegdekskip |
Besteldatum | 13 April 1937 |
Bouers | Vickers-Armstrongs Limited, Verenigde Koninkryk |
Gebruik deur | Britse Vloot |
Datum neergelê | 27 April 1937 |
Te water lating | 5 April 1939 |
In diens gestel | 25 Mei 1940 |
Onttrek | Februarie 1955 |
Lot | Verkoop vir skroot, November 1956 |
Verplasing | 23 000 lang ton (standaard) |
Lengte | 256 m (totaal) 216,4 m (waterlyn) |
Wydte | 29,2 m |
Diepgang | 8,8 m |
Spoed | 30 kn (56 km/h) |
Bemanning | 1 299 |
Die HMS Illustrious was 'n vliegdekskip van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Luftwaffe se Fliegerkorps X het hom gedurende Januarie 1941 met drie 1 000 pond bomme getref, maar hy het die aanval oorleef weens die pantser op die dek en sy goeie ontwerp.
Tegniese besonderhede
Die skip het 23 000 ton water verplaas en was toegerus met sestien 4,5 duim-kanonne en vyftig vegvliegtuie. Hy was aangedryf deur drie turbines wat 111 000 perdekrag gelewer het met 'n topspoed van 30 knope.
Bron
- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3