Heidelberg, Duitsland
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Baden-Württemberg |
Koördinate | 49°25′N 8°43′E / 49.417°N 8.717°O |
Stigting | 1196 (eerste verwysing) |
Stadstatus | 1196 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 108,83 vk km |
Hoogte bo seevlak | 114 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2010) | 147 312[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 354/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Eckart Würzner |
Amptelike Webwerf | www.heidelberg.de Geargiveer 11 Januarie 2012 op Wayback Machine |
Heidelberg is 'n stad in Baden-Württemberg, Duitsland. Teen 2010 was die inwonertal ongeveer 147 000 in die stad se 109 km².
Heidelberg is langs die Neckarrivier geleë waar dit in die Rynvallei invloei en by die Ryn aansluit in Mannheim.
Geografie
Heidelberg is op die linkeroewer van die Neckarrivier geleë, begrens deur die berg Königstuhl (568 m) en Gaisberg (375 m). Aan die regteroewer is die Heiligenberg (445 m). Die Neckar sluit ongeveer 22 km wes aan by die Ryn.
Geskiedenis
Heidelberg is reeds in 1196 die eerste keer beskryf, maar die omgewing was reeds wesenlik langer bewoon: In 1907 is 'n gedeelte van 'n skedel gevind, in Mauer in die omgewing van Heidelberg, van die sogenaamde Homo heidelbergensis wat ongeveer 500 000 jaar oud geskat word. Op die Heiligenberg, wat noord van die Neckar by die stadsdeel Neuenheim geleë is, is tekens van bewoners uit die vroeë steentydperk, die Kelte en die Romeine, gevind.
Sien ook
Verwysings
- ↑ "Bevölkerungsentwicklung in den Gemeinden Baden-Württembergs 2010" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 Mei 2013. Besoek op 26 April 2012.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Heidelberg, Duitsland.
- Amptelike webwerf van Heidelberg Geargiveer 11 Januarie 2012 op Wayback Machine
- [1] Geargiveer 9 Julie 2008 op Wayback Machine