Hoektand-tuna

Hoektand-tuna
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Gymnosarda
Spesie:
G. unicolor
Binomiale naam
Gymnosarda unicolor
(Rüppell, 1836)

Die Hoektand-tuna (Gymnosarda unicolor) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dogtooth tuna.

Identifikasie

Die vis word tot 180 cm lank. Dit het 'n robuuste, silwer lyf en die bek is vol slagtande. Die punte van die agterste dorsale- en analevinne is wit. Die sylyn staan uit.

Hulle besoek gereeld die dieper gedeeltes van strandmere, steil kanale en die buitenste hellings van riwwe in water wat 1 tot 60m diep is. Hulle is alleenlopers of kom in klein groepies voor. Dit is 'n roofvis en seldsaam in Suid-Afrikaanse waters. Hulle jag graag die piesangvisse.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel