Hongkongse Rugbyunie

Hongkongse Rugbyunie
Kenteken van die Hongkongse Rugbyunie
Kenteken van die Hongkongse Rugbyunie
Engelse naam Hong Kong Rugby Union
Afkorting HKRU
Chinese naam 中國香港欖球總會
Land Vlag van Hongkong Hongkong
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1952
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1988
Vastelandse beheerliggaam Asië Rugby
President Peter Duncan
Amptelike tale Chinees en Engels
Amptelike webwerf hkrugby.com

Die Hongkongse Rugbyunie (Engels: Hong Kong Rugby Union, afgekort “HKRU”; Chinees: 中國香港欖球總會) is die bestuursliggaam wat rugby in die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong beheer. Die HKRU is by Wêreldrugby geaffilieer en organiseer Hongkongse nasionale spanne, insluitend Hongkong se nasionale seniormansrugbyspan (die Drake), vroue en jeug. Die HKRU hou ook toesig oor Sewesrugby in Hongkong en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Hongkongse Nasionale Olimpiese Komitee saam.

Die HKRU is in 1952 gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyraad (IRR, nou Wêreldrugby) aangesluit.[1] Daarbenewens het die HKRU in 1968 ’n stigtingslid van die Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Rugby Football Union, ARFU; nou Asië Rugby) geword.[2]

Naas die amptelike nasionale span roep die Hongkongse Rugbyunie ook ander keurspanne byeen. Nes ander rugbylande beskik Hongkong oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[3] Die Hongkong Sevens is die Hongkongse sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker en Olimpiese Somerspele deel. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting.

Die hoogste rugbyliga in Hongkong is die Hongkong Premiership, waaraan agt spanne deelneem. Die meeste spelers van die Hongkongse nasionale span is uit dié liga afkomstig. Van die ander spelers is veral in Engeland aktief.

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "Hong Kong". Wêreldrugby. Besoek op 11 Januarie 2024.
  2. (en) "Hong Kong Rugby Union". Asië Rugby. Besoek op 11 Januarie 2024.
  3. (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 11 Januarie 2024.

Eksterne skakels