Hugh Jackman

Hugh Jackman
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jackman in Augustus 2015.

Geboortenaam Hugh Michael Jackman
Geboorte 12 Oktober 1968 (1968-10-12) (56 jaar oud)
Aktiewe jare 1994-tans

Hugh Michael Jackman (gebore op 12 Oktober 1968)[1] is ’n Australiese akteur, sanger en rolprentvervaardiger. Hy het al internasionale pryse gewen vir sy rolle in groot flieks, gewoonlik as ’n superheld, periode- of romantiese karakter.

Jackman is die bekendste vir sy herhaaldelike uitbeelding van Wolverine in die X-Men-fliekreeks sowel as vir sy hoofrol in die romantiese komediefantasie Kate & Leopold (2001), die aksiegruwelprent Van Helsing (2004), die rillerdrama The Prestige (2006), die epiese geskiedenisdrama Australia (2008) en die riller Prisoners (2013). Hy het sy eerste Oscar-benoeming en Golden Globe gekry vir sy rol in Les Misérables (2012). In teater het hy ’n Tony gewen vir sy spel in The Boy from Oz.

Verwysings

  1. "Monitor". Entertainment Weekly. No. 1228/1229. Time Inc. Oktober 2012. p. 23.