Jordan Grand Prix

Bertrand Gachot tydens Jordan se F1-debuut by die 1991 VSA Grand Prix.
Tiago Monteiro tydens die 2005 Verenigde State Grand Prix.

Die Jordan Grand Prix-span is 'n voormalige Ierse Grand Prix-renmotorvervaardiger wat van 1991 tot 2005 aan Formule Een deelgeneem het. Die span is gestig deur die Ierse sakeman Eddie Jordan en het sake bedryf by hulle fabriek by Silverstone in die Verenigde Koninkryk, maar het met 'n Ierse lisensie meegeding.[1]

Vroeg in 2005 is die span verkoop aan die Midland Groep, wat vir een laaste seisoen as "Jordan" meegeding het, voordat die span herdoop is as MF1 Racing vir die 2006-seisoen. Later dieselfde jaar is dit aan die Nederlandse motorvervaardiger Spyker verkoop om Spyker F1 te word vir 2007, en toe weer verkoop om Force India in 2008 te word. In 2018, as gevolg van die finansiële ineenstorting van die Force India-span, en die daaropvolgende uitkoop daarvan deur 'n konsortium gelei deur Lawrence Stroll, is die span se FIA-inskrywing nie oorgeplaas, en die Jordan Grand Prix se oorspronklike inskrywing het tot 'n einde gekom.[2]

Verwysings

  1. [https:// web.archive.org/web/20070527061529/http://www.itv-f1.com/Feature.aspx?Type=General&PO_ID=39312 itv.com/f1 – Die dag toe EJ hulle almal klop]
  2. "Force India allowed to keep prize money". Wheels (in Engels). Besoek op 4 September 2018.