KV59

KV59
Ongebruikte grafkelder
Ligging Vallei van die Konings
Land Vlag van Egipte Egipte
Ontdek Onbekend
Uitgrawings deur Howard Carter?
Universiteit van Basel (2010-'11)
Versiering Onversier
← Vorige
KV58
Volgende →
KV60

KV59 is 'n ongebruikte grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit lê tussen KV37 en KV26, en oorkant KV31.

Dit is nie bekend wanneer en deur wie dit ontdek is nie. Uitgrawings is in 2010-'11 deur die Universiteit van Basel gedoen.

Ligging en uitgrawings

KV59 is noord van KV37[1] en KV26 en oorkant KV31 geleë in die syvallei wat na die grafkelder van Toetmoses III (KV34) lei. Dit is nie bekend wanneer en deur wie dit ontdek is nie.[2] Dit is dalk die eerste keer deur Howard Carter verken.[3] Die ligging is deur die Theban Mapping Project aangeteken, maar die terrein is verloor. Die ingang is herontdek twee meter onder die moderne grondvlak.[3]

Uitgrawings is in 2010 en 2011 deur die Universiteit van Basel gedoen. Die skag, wat met puin bedek was, is skoongemaak. Dit het uitgeloop in 'n kamer met sediment wat verskeie kere deur vloede ingespoel is. Die grafkelder het 'n paar stukke erdeware bevat. Daar is geen tekens dat dit ooit vir 'n begrafnis gebruik is nie.

Verwysings

Bronne

Skakels