Kaapse rivierpadda
Kaapse rivierpadda | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Pyxicephalidae
|
Genus: | Amietia
|
Spesie: | A. fuscigula
|
Binomiale naam | |
Amietia fuscigula (Duméril & Bibron, 1841)
| |
Sinonieme | |
|
Die Kaapse rivierpadda (Amietia fuscigula) is 'n padda wat in die suidelike, westelike en sentrale gedeeltes van Suid-Afrika voorkom. Hierdie padda leef in snelvloeiende strome en is 8 – 12 cm lank. Die padda is vaartbelyn met 'n gepunte snoet. Die agterbene is lank en sterk en die tone het uitgebreide swemvliese. Die kleur op die rug wissel en daar is dikwels 'n dun middelstreep op die rug. Hulle vreet hoofsaaklik insekte.
Bron
- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978 1 43170 248 0
Verwysings
- ↑ IUCN SSC Amphibian Specialist Group (2014). "Amietia fuscigula". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2014.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 29 Junie 2014.
{cite web}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kaapse rivierpadda.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Kaapse rivierpadda