Kalipso (maan)

Kalipso   

Kalipso, op 13 Februarie 2010 deur Cassini afgeneem.
Ontdekking
Ontdek deur
  • Dan Pascu
  • P. Kenneth Seidelmann
  • William A. Baum
  • Douglas G. Currie
Datum 13 Maart 1980
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 294 619 km
Wentelperiode 1,887802 d[1]
Baanhelling 1,56°
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 30,2 × 23 × 14 km [2]
Gem. radius 10,7±0,7 km[2]
Rotasieperiode Sinkronies
Ashelling Nul

Kalipso (Grieks: Καλυψώ) is ’n maan van Saturnus. Dit is in 1980 deur Dan Pascu, P. Kenneth Seidelmann, William A. Baum en Douglas G. Currie ontdek uit grondgebaseerde waarnemings en het die voorlopige naam S/1980 S 25 gekry.[3] In 1983 is dit amptelik genoem na Kalipso uit die Griekse mitologie. Dit is ook bekend as Saturnus XIV en Tethis C.

Beskrywing

Kalipso kom in die wentelbaan van Tethis voor: by die L5-punt 60 grade agter Tethis. Dié verhouding is die eerste keer in 1981 deur Seidelmann et al. waargeneem.[4] Die maan Telesto lê by Tethis se L4-punt, 60 grade voor Tethis. Kalipso en Telesto is al "Tethis-trojane" genoem, na analogie van die trojaanasteroïdes, en is twee van net vier bekende trojaanmane.

Soos baie klein mane van Saturnus en die asteroïdes het Kalipso ’n onreëlmatige vorm. Dit het groot kraters en vermoedelik los oppervlakmateriaal wat die kraters gladder laat lyk. Dit het een van die bes weerkaatsende oppervlakke (by visuale golflengtes) in die Sonnestelsel, met ’n albedo van 1,34.[5] Hierdie hoë albedo is die gevolg van die maan se bestrooiing met deeltjies uit Saturnus se E-ring, ’n dowwe ring wat bestaan uit klein waterysdeeltjies uit die geisers by die maan Enkelados se suidpool.[6]

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels