Karmenu Vella
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/98/KarmenuVellaPolitician.jpg/220px-KarmenuVellaPolitician.jpg)
Karmenu Vella (gebore 19 Junie 1950 in Żurrieq) is 'n Maltese politikus. Hy was die Europese Kommissaris vir omgewing, maritieme sake en vissery in die Kommissie Juncker van 2014-2019. Hy is Maltees.
Loopbaan
- In 1973 behaal hy sy Bachelor-graad in argitektuur en siviele ingenieurswese.
- 1973- '81 werk hy as argitek
- Van 1976 tot 2014 is hy lid van die Maltese parlement.
- Van 1981 – '83 is hy minister van publieke werke
- Van 1984 – '87 is hy minister van nywerheid
- Van 1996 – '98 is hy minister van toerisme
- In 2000 behaal hy 'n Meester-graad in toerismebestuur
- Van 2001–2007 is hy uitvoerende voorsitter van Corinthia Hotels International
- Van 2008 – '10 is hy uitvoerende voorsitter van Corinthia se boubedryf
- Van 2008 – '13 werk hy as koördinator van van parlementêre groep van die Labour Party
- Van 2013 – '14 is hy minister van toerisme en lugvaart
- In 2014 word hy lid van die Europese Kommissie Juncker op die werkgebied van die omgewing, maritieme sake en vissery.[1]
Vissery
In 2015 het Karmenu Vella die deur sy voorganger Damanaki ingevoerde verskerping van die vangsgrense ongedaan gemaak wat in kringe van die omgewingsbeweging tot groot kritiek gelei het.[2]