Kasterolieboom

Kasterolieboom
Ricinus communis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Tracheobionta
Divisie:
Klas:
Subklas:
Rosidae
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Acalyphoideae
Tribus:
Acalypheae
Subtribus:
Ricininae
Genus:
Ricinus
Spesie:
R. communis
Binomiale naam
Ricinus communis
Linnaeus, Sp. Pl., 2, p. 1007, 1753 [1]

Die kasterolieboom (Ricinus communis) is 'n indringerplant wat as 'n struik of klein boompie in Suid-Afrika voorkom. Die boom is inheems aan Ekwatoriaal-Afrika. Dit groei aan rivieroewers, vlei-oewers en langs paaie. Dit staan ook bekend as die bloubottelboom of bosluisboom.

Voorkoms

Die plant het 'n kenmerkende loof en helder sap (kasterolie) in die lote en blare. Die takke is glad met 'n liggrys, poeieragtige glans. Die blare is groot, enkelvoudig en stervormig. Hulle is donkergroen aan die bokant en ligter aan die onderkant. Die blommetjies is rooierig en verskyn in eindstandige are. Die vrug is 'n drielobbige kapsule wat met sagte stekels bedek is.

'n Kasterolieboom
Sade

Bronne

Sien ook

Eksterne skakels