Koës
Koës | |
---|---|
Lugbeeld van Koës in 2015 | |
Koördinate: 25°57′00″S 19°07′00″O / 25.95000°S 19.11667°OKoördinate: 25°57′00″S 19°07′00″O / 25.95000°S 19.11667°O | |
Land | Namibië |
Streek | ǀǀKaras |
Kiesafdeling | Keetmanshoop Landelike |
Regering | |
• Tipe | Dorpsraad |
• Hoof uitvoerende beampte | Reinhardt Ochs |
Hoogte | 1 200 m (3 900 ft) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Koës is 'n dorpie in die ǁKarasstreek in die suidooste van Namibië. Dit is sowat 130 km noordoos van Keetmanshoop op die rand van die Kalahariwoestyn geleë en behoort tot die Keetmanshoop Landelike-kiesafdeling.[1] Die gemiddelde jaarlikse reënval in die omgewing is ongeveer 150 – 200 mm.
Politiek
Koës word deur 'n dorpsraad bestuur wat tans vyf setels het.[2]
Die 2015 plaaslike owerheidverkiesing is deur SWAPO gewen, wat drie setels vir sy 336 stemme ontvang het. Een setel elk het aan die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA, met 105 stemme) en die Rally for Democracy and Progress (RDP, met 57 stemme)[3] gegaan.
Verwysings
- ↑ Sasman, Catherine (10 November 2010). "Karas profile". New Era (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2012.
- ↑ "Know Your Local Authority". Election Watch. No. 3. Institute for Public Policy Research. 2015. p. 4.
- ↑ "Local elections results". Electoral Commission of Namibia. 28 November 2015. p. 3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2015.
Eksterne skakels
- Reisverhale