Koi

Koi
Gedomestikeerd
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Cyprinus
Spesie:
C. carpio
Subspesie:
C. c. haematopterus
Trinomiale naam
Cyprinus carpio haematopterus[1]
(Linnaeus, 1758)

Koi (Cyprynis carpio) is gewilde ornamentele visse soortgelyk aan die goudvis. Die woord koi kom van die Japannese woord wat karp beteken want alle koi-visse is karpe. Die ornamentele koi word meer spesifiek nishikigoi genoem. Koi kan 'n redelike lang lewe hê en daar is historiese bewyse dat sommige koi oor 'n honderd jaar oud kan word.

Geskiedenis

Koitelery het gewild begin word in die 18de eeu in Japan. Rysboere het gekleurde karpe uitgesoek en hulle so begin teel. Die buitewêreld het koi eers ontdek in 1914 toe van hulle as 'n geskenk deur Keiser Hirohito gegee is. Daarna het die aanvraag na koi gegroei en vandag is hierdie gekleurde karpvisse volop beskikbaar en word dwarsoor die wêreld geteel.

Variasies

Koi kom in verskeie kleure voor. Oranje, rooi, geel, wit en swart kom die meeste voor. Die volgende is die mees dominante variasies:

  • Kohaku – 'n wit koi met 'n rooi patroon
  • Taisho Sanshoku (Sanke) – 'n wit koi met 'n rooi en swart patroon
  • Showa Sanshoku (Showa) – 'n swart koi met 'n rooi en wit patroon
  • Ogon – 'n koi wat eenkleurig is
  • KinGinRin - koi met helder goue kleure
  • Tancho – wit koi met 'n rooi voorkop

Koi in aanhouding

Koi is sterk visse en kan maklik aangehou word. Hulle is kouewatervisse so enige skoudam moet ten minste 1,5 meter diep wees. Omdat koi helder kleure het, is hulle maklike prooi vir roofdiere en is dit aanbevole om 'n skuiling oor 'n skoudam te plaas.

Koi en alle karpverwante visse het 'n vinnige metabolisme en sodoende kan hulle maklik hul eie water besoedel, dus is dit noodsaaklik om 'n goeie filterpomp in 'n visdam te installeer.

Sien ook

Eksterne skakel

Verwysings

  1. "Pictures available for Cyprinus carpio haematopterus". www.fishbase.org. Besoek op 31 Oktober 2010.

Eksterne skakels