Leninmuseum in Gorki Leninskije
Музей В. И. Ленина
W.I. Lenin-museum
Lenin-museumkompleks
in Gorki Leninskije
Wladimir Iljitsj Lenin
1870−1924
Geopen in
Ligging
Status
Staats- en historiese museumkompleks
Webtuiste
Lenin-museum Geargiveer 16 Mei 2020 op Wayback Machine
Die Staats- en Historiese Museumkompleks van Gorki Leninskije, kortweg Lenin-museum genoem, is gewy aan die lewe van die rewolusionêre Sowjetleier en grondlegger van die Sowjetunie, Wladimir Lenin. Terwyl sy gebalsemde liggaam in die Lenin-mausoleum vlakby die Moskouse Kremlin vertoon word (volgens 'n besluit van Josef Stalin en teen Lenin se wil en uitdruklike wens), fokus die museumkompleks - wat uit die voormalige Gorki-herehuis en 'n nuwe museumgebou uit die laaste fase van die Sowjetbewind bestaan - op Lenin se privaat lewe en enkele tegnologiese prestasies uit die Sowjet-tydperk. So word hier Lenin se dodemasker, 'n replika van sy Moskouse Kremlinkantoor, sy biblioteek met duisende boekdele in tien tale en sy privaat voertuig, 'n Rolls Royce Silver Ghost Kégresse (een van slegs vyftien wêreldwyd), vertoon.

Die museum se fokus is in die post-Sowjettydperk, analoog met die amptelike herwaardering van Lenin deur Wladimir Poetin as die "vernietiger van Rusland"[1], verskuif na die argitektoniese en kulturele geskiedenis van die landgoed wat temidde van 'n aantreklike landskapstuin geleë is, sowel as die 20ste eeuse geskiedenis en die lewe van die streek se plattelandse bevolking.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Leninmuseum in Gorki Leninskije.
- http://russianmuseums.info/M446