Marilyn Ramos

Marilyn Ramos (gebore 16 Februarie 1991 in Klerksdorp) is 'n Suid-Afrikaanse ontwerper, model en skoonheidskompetisietitelhouer wat as Mej. Suid-Afrika 2012 gekroon is. Sy het die amptelike verteenwoordiger van haar land vir Mej. Heelal 2013 en Mej. Wêreld 2013 geword.

Ramos het Suid-Afrika by Mej. Wêreld 2013 en Mej. Heelal 2013 verteenwoordig, maar kon nie in enige van die kompetisies 'n plek behaal nie. Sy het twee keer vir die SA-kompetisie ingeskryf voordat sy as wenner uit die stryd getree het. Sy het ook die titel vir die langste in Suid-Afrika se kompetisiegeskiedenis gehou – 16 maande totdat sy Rolene Strauss op 30 Maart 2014 as haar opvolger gekroon het.[1]

Verwysings

Voorafgegaan deur
Melinda Bam
Mej. Suid-Afrika
2012
Opgevolg deur
Rolene Strauss