Mark Rutte
Mark Rutte | |
In 2024 | |
14de Sekretaris-generaal van die NAVO
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Oktober 2024 | |
Voorafgegaan deur | Jens Stoltenberg |
---|---|
Ampstermyn 14 Oktober 2010 – 2 Julie 2024 | |
Vise | Rutte IV-kabinet (2022-2024):
Rutte III-kabinet (2017-2022):
Rutte II-kabinet (2012-2017): Rutte I-kabinet (2010-2012):
|
Monarg | Beatrix Willem-Alexander |
Voorafgegaan deur | Jan Peter Balkenende (CDA) |
Opgevolg deur | Dick Schoof |
Leier van die VVD
| |
Ampstermyn 31 Mei 2006 – 14 Augustus 2023 | |
Voorafgegaan deur | Jozias van Aartsen |
Opgevolg deur | Dilan Yeşilgöz-Zegerius |
Adjunk-minister van Onderwys, Kultuur en Wetenskap
| |
Ampstermyn 17 Junie 2004 – 27 Junie 2006 | |
Eerste minister | Jan Peter Balkenende (Balkenende II-kabinet) |
Voorafgegaan deur | Annette Nijs |
Opgevolg deur | Bruno Bruins |
Adjunk-minister van Sosiale Sake en Arbeid
| |
Ampstermyn 22 Julie 2002 – 17 Junie 2004 | |
Eerste minister | Jan Peter Balkenende (Balkenende II-kabinet) |
Voorafgegaan deur | Hans Hoogervorst |
Opgevolg deur | Henk van Hoof |
Lid van die Tweede Kamer
| |
Ampstermyn 31 Maart 2021 – 10 Januarie 2022 | |
Ampstermyn 23 Maart 2017 – 26 Oktober 2017 | |
Ampstermyn 20 September 2012 – 5 November 2012 | |
Ampstermyn 28 Junie 2006 – 14 Oktober 2010 | |
Ampstermyn 30 Januarie 2003 – 27 Mei 2003 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 14 Februarie 1967 Den Haag, Nederland |
Politieke party | VVD |
Alma mater | Leiden Universiteit International Institute for Management Development |
Religie | Protestantisme |
Handtekening |
Mark Rutte (gebore 14 Februarie 1967 in Den Haag) is 'n Nederlandse politikus van die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD), 'n liberale politieke party. Van Mei 2006 tot Augustus 2023 was hy die partyleier gewees en van 14 Oktober 2010 tot 2 Julie 2024 was hy die Eerste Minister van Nederland.
Van 2002 tot 2004 was hy adjunk-minister van Sosiale Sake in die Balkenende I-kabinet en die Balkenende II-kabinet en van 2004 tot 2006 adjunk-minister van Onderwys in die Balkenende II-kabinet. In 2003 en van 2006 tot 2010 was hy 'n lid van die Tweede Kamer, van 2003 tot 2006 ook as parlementêre verteenwoordiger van die VVD-groep.
Rutte het geskiedenis aan die Universiteit Leiden gestudeer. Van 1988 tot 1991 was hy die voorsitter van die JOVD, die liberale jeugorganisasie. Van 1992 tot 2002 het hy as personeelsdirekteur by Unilever gewerk. Hy is nie getroud nie en 'n lid van die Protestantse Kerk in Nederland (PKN).
Rutte-kabinette
Rutte I
Rutte het van 2010 tot 2012 'n minderheidskabinet van sy party saam met die Christen-Demokratiese Appèl (CDA) gelei, wat deur die populistiese Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders gesteun is. Die Nederlandse ekonomie ly onder die gevolge van die Amerikaanse bankkrisis en krisis op die aandelebeurs van 2008. Die werklooksheid styg en die eurosone beland in 'n kredietkrisis. Die Rutte I-kabinet wil tot 2014 agtien miljard Euro bespaar op die begroting, immigrasie beperk en veiligheid verbeter.
Rutte II
Van 2012 tot 2017 het Rutte die Rutte II-kabinet van VVD en Party van die Arbeid (PvdA) met 'n klein meerderheid in die Tweede Kamer, gelei. Die ekonomie begin na baie besuinigings om weer te verbeter.
Rutte III
In die verkiesings van 15 Maart 2017 ly die PvdA 'n vernietigende nederlaag. Hulle setels verminder van 35 na net 9 setels. Rutte se party die VVD verloor ook 8 setels, maar sy party bly die grootste een. Die populiste van Wilders styg van 15 na 20 en eindig as tweede party, maar hierde beperkte styging word ook in buiteland as 'n oorwinning vir Rutte gesien. Dit word na die brexit-referendum in die VK en die verkiesing van Trump in die VS gesien as 'n 'duidelike oorwinning op die ekstremisme' in die woorde van die Franse president Hollande.[1] Sedert 16 Maart het hy probeer om 'n derde kabinet saam te stel, maar dit was nie eenvoudig gewees nie, omdat hy daarvoor die steun van drie ander partye nodig had.
Van 26 Oktober 2017 tot 10 Januarie 2022 het Rutte die Rutte III-kabinet van VVD, CDA, D66 en CU gelei. Die Nederlandse ekonomie het baie verbeter. In 2017 het dit met 3,2% gegroei. Die aantal vakatures per werklose neem af tot minder as 2 en die werkloosheid raak deur spanning op die arbeidsmark vervang.[2] Die staatskuld verminder met 18 miljard euro tot 56,7% van die BBP wat laer is as die 60%-norm wat die eurosone voorskryf.[3]
Rutte IV
Van 10 Januarie 2022 tot 2 Julie 2024 het Rutte die Rutte IV-kabinet van VVD, D66, CDA en CU gelei.
Die verkiesings van die Provinsiale State van 15 Maart 2023 het 'n sterk opkoms van 'n taamlik nuwe opposisieparty die BBB opgelewer en in die opiniepeilings van Julie 2023 was hulle die grootste party. Die koalisie val terug op die helfte van wat hulle benodig vir 'n meerderheid. Op 7 Julie 2023 ontstaan 'n breuk in die koalisie oor die migrantebeleid en op 8 Julie dien Rutte sy ontslag aan by die koning.[4]
Die verkiesings wat volg is verwoestend vir die partye wat Rutte IV gevorm het en dit neem tyd voordat 'n nuwe koalisie gevorm word. Rutte bly as waarnemende premier aan tot 2 Julie 2024, wanneer hy die amp vir goed aan sy opvolger Dick Schoof oordra.
NAVO
Hy is intussen aangestel as die 14de sekretaris-generaal van die NAVO, 'n pos wat hy op 1 Oktober 2024 by Jens Stoltenberg oorneem het.
Verwysings
- ↑ "Algemeen Dagblad 16-3-2017" (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2017.
- ↑ CBS (nl)
- ↑ RTLnieuws Mei 2018 (nl)
- ↑ "Hoe de asielonderhandelingen leidden tot de val van Rutte IV: 'Wat doet hij nou?'". nu.nl. Besoek op 8 Julie 2023.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mark Rutte.
- (nl) Drs. M. (Mark) Rutte, Parlement.com
Voorafgegaan deur Jan Peter Balkenende |
Eerste Minister van Nederland 2010-2024 |
Opgevolg deur Dick Schoof |