Maskareense eilande
Maskareense eilande Inheemse naam: Mascarene Islands, Mascareignes | |
---|---|
Satellietbeeld van die Maskareense eilande | |
Geografie
| |
Ligging | Indiese Oseaan |
Koördinate | 20°43′S 56°37′O / 20.717°S 56.617°O |
Argipel | Maskareense eilande |
Totale eilande | 3 |
Hoofeilande | Réunion, Mauritius, Rodrigues |
Oppervlakte | 4 523 vk km
|
Administrasie | |
Mauritius
| |
Hoofstad | Port Louis |
Grootste stad | Port Louis (147 688)
|
Frankryk | |
Oorsese gebied | Réunion |
Hoofstad | Saint-Denis |
Grootste stad | Saint-Denis (145 209)
|
Demografie | |
Bevolking | 2 111 000
|
Die Maskareense eilande (Engels: Mascarene Islands, Frans: Mascareignes; ook bekend as Maskarene, die Maskarene-bekken of Maskarene-kom) is 'n eilandgroep wat deur die Portugees Pedro Mascarenhas (1484-1555) ontdek is. Volgens sommige bronne het hy dit in 1512 ontdek, terwyl ander bronne die datum as 1505 of 1510 aangee.
Die eilande is ongeveer 850 km ten ooste van Madagaskar in die Indiese Oseaan geleë en bestaan uit die Franse Réunion, Mauritius, Rodrigues en 'n vyftal ringeilande (atolle) en versonke eilande. Die eilande is van vulkaniese oorsprong. Dit het 'n unieke fauna en flora en vorm daarmee 'n aparte ekologiese streek.
Die eilande het tussen 35 miljoen en 7 miljoen jaar gelede ontstaan. Die noordelikste eiland is die oudste en is tot 'n ondersese berg geërodeer. Die jongste is die mees suidelike eiland, Mauritius.