Messier 5
Messier 5 | ||||
Messier 5 soos deur die Hubble-ruimteteleskoop afgeneem. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky) | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Slang | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 15h 18m33,22s | |||
Deklinasie | +02º 04' 51,7" | |||
Skynmagnitude | 6,65 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 24 500 | |||
Skynbare grootte | 23 boogminute | |||
Ander name | M5, NGC 5904 | |||
|
Messier 5 of M5 (ook bekend as NGC 5904) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slang. Dit is in 1702 deur Gottfried Kirch ontdek. Dit kan verwar word met die heelwat dowwer swerm Palomar 5, wat naby daaraan geleë is.
Die swerm is in uiters goeie toestande net-net met die blote oog sigbaar as ’n dowwe "ster" naby die ster 5 Serpentis. Met ’n verkyker kan individuele sterre nie gesien word nie, maar wel met groter teleskope. Die helderste ster het ’n oënskynlike magnitude van 12,2.
Charles Messier het in 1764 ook die sterreswerm gesien, maar gedink dit is ’n newel sonder enige sterre. William Herschel het in 1791 vir die eerste keer individuele sterre ontleed en het sowat 200 getel.
M5 is 165 ligjare breed en is een van die grootste bolswerms bekend. Die sfeer waar die swaartekrag groter is as dié van die Melkweg, het ’n radius van sowat 200 ligjare. Dit is sowat 13 miljard jaar oud en is een van die oudste swerms wat met die Melkweg verbind word. Die swerm is sowat 24 500 ligjare van die Aarde af en het meer as 100 000 sterre – tot soveel as 500 000 volgens sommige skattings.
Daar is 105 bekende veranderlike sterre in M5. Die helderste en makliks waarneembare een wissel tussen 10,6 en 12,1 in magnitude oor ’n tydperk van net onder 26,5 dae.
Eksterne skakels
- SIMBAD: M5
- M5, SEDS
- Messier 5 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 5.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia