Middelduits
Middelduits | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Wes- en Middel-Duitsland, Suidoos-Nederland, Oos-België, Luxemburg en Noordoos-Frankryk |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Germaans Hoogduits Middelduits |
Onderafdelings: |
Oos-Middelduits
Wes-Middelduits
|
Die Middelduitse dialekte |
Middelduits (Duits: Mitteldeutsch) is 'n groep Hoogduitse dialekte versprei van die Rynland tot by Thüringen, suid van Nederduits en noord van Opperduits.
Middelduits word in twee subgroepe verdeel, Wes-Middelduits (Frankies) en Oos-Middelduits. Middelduits word onderskei deur dat dit slegs die eerste en vierde fases van die Hoogduitse konsonantverskuiwing ondergaan het.
Klassifikasie
- Oos-Middelduits
- Thürings
- Hoogsaksies
- Nordobersächsisch-Südmärkisch (in Sakse en Brandenburg)
- Nordobersächsisch
- Silesiese Duits (meestal in Neder-Silesië, in Pole)
- Hoogpruisies
- Wes-Middelduits
- Middel-Frankies
- Ripuaries
- Moesel-Frankies, insluitend die Luxemburgs
- Rynse-Frankies
- Lotharings Frankies (Frankryk)
- Palties
- Noord-Hessies
- Oos-Hessies
- Middel-Hessies
- Transsilvanies-Saksies (in Transsilvanië)
- Pennsilvaniese Duits ("Deitsch", in die Verenigde State en Kanada)
- Middel-Frankies
- Oorgangsgebiede tussen Middelduits en Opperduits
- Oos-Frankiese Duits
- Suid-Frankiese Duits
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Middelduits.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Middle German". Ethnologue. Besoek op 8 Julie 2021.