Mount Fletcher
Mount Fletcher | |
---|---|
![]() Landskap naby Mount Fletcher | |
Koördinate: 30°41′32″S 28°30′13″O / 30.69222°S 28.50361°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Elundini |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,23 km2 (3,56 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 11 488 |
• Digtheid | 1 245/km2 (3 220/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 0.1% |
• Swart mense | 99.0% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 62.4% |
• Sotho | 32.2% |
• Engels | 1.8% |
• Ander | 3.6% |
Poskode (strate) | 4770 |
Poskode (posbusse) | 4770 |
Skakelkode | 039 |
Mount Fletcher is 'n dorp in Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die stad Mthatha is 129 km per pad vanaf Mount Fletcher.
Geskiedenis
Die dorp is in 1882 gestig en moontlik na eerwaarde Joe Fletcher genoem.
Die distrikshospitaal se naam is Tayler Bequest,[2] vernoem na 'n ene 'Tayler' wat 'n sendingstasie hier opgerig het. Sommige van die ouer dele van die hospitaal is oorblyfsels van die sendingstasie en het museumstatus.
Distrik
Die subdistrik is 2 440 km² groot en word hoofsaaklik deur die Hlubi-Xhosastam bewoon. Die belangrikste ekonomiese bedryf is skaapboerdery. Die Castle Rockpiek (2 141 m) is aan die westekant van die dorp.
Sien ook
Bronne
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Mount Fletcher". Sensus 2011.
- ↑ (en) Oos-Kaapse Departement van Gesondheid [dooie skakel]