Nike

Nike
Griekse godin
'n Uitbeelding van Nike in Efese (nou in Turkye).
'n Uitbeelding van Nike in Efese (nou in Turkye).
Naam Nike
Godin van Oorwinning
Blyplek Die berg Olimpus
Simbool
Ouers Pallas en Styx
Broers en susters Kratos, Bia en Zelus
Romeinse eweknie Victoria
Die Gevleuelde Oorwinning van Samotrake in die Louvre, Parys.

Nike is die godin van oorwinning in die Griekse mitologie. Sy was die dogter van Styx en Pallas, asook die suster van Kratos, Bia, en Zelus. Nike en haar broers en susters was vriende van Zeus.

Nike kon baie vinnig hardloop. Sy het ook vlerke gehad en het geluk gebring. Sy is in dieselfde tyd as Atena aanbid.

Standbeelde

Die beroemdste standbeeld van Nike is die Gevleuelde Oorwinning van Samotrake. Dit is nou in die Louvre in Parys, Frankryk.

Kitsfeite

  • Nike word algemeen met sport verbind. Dít is die rede waarom die ontwerper Jeff Johnson haar naam gebruik het vir sy skoenmaatskappy, Nike Inc.
  • 'n Afbeelding van Nike is op al die medaljes van die Olimpiese Somerspele.